Rennaissance dames oggend

280513Karin het ‘n baie insiggewende praatjie oor BodyTalk by die dames oggend van die Rennaissance gemeente gehou by Sonja se huis. Sonja het in 1992 die BodyTalk Access kursus gedoen. Dit is die tweede keer dat Karin hierdie groep toespreek.

Die praatjie is nou aangepas deur Karin sodat die gaste, wat die vorige keer daar was, nie verveeld sal raak nie! Maaind Joe!

Wat vir my interessant was is hoe Karin ver terug gegaan het en eers al die vrae wat almal aanvanklik vra of dink oor BodyTalk, eers verduidelik het.

Die praatjie het abstrakte feite op ‘n eenvoudige manier, sonder om die gehoor te onderskat, verduidelik.

Aan die einde het Karin almal uitgenooi om vir n enorme afslag : pesioenarisse, getroude paartjies, studente…ens ‘n “Bekendstellingsafspraak” te kom maak by haar. Sy sit net daar en begin afsprake reel in haar dagboek!!! Baie indrukwekkend! Welgedaan Karin.

This entry was posted in Events. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *