Karin Peens
PRETORIA TEAM > Ashlea Gardens

Certified BodyTalk Practitioner
Cell: 082 929 2707
Email: kkriek@vodamail.co.za


View Larger Map

In 1989 kwalifiseer ek as ‘n veterinêre verpleegster aan die Universiteit van Pretoria en verwerf ‘n onderwysdiploma aan die Onderwyskollege van Suid Afrika in 1997. Vir die afgelope 16 jaar onderrig ek my kinders tuis.

In Februarie 2012 voltooi ek die kursus in Body Talk Fundamentals 1 & 2. Gedurende Mei 2012 lê ek die eksamens suksesvol af.

Dit voel asof ek die verlore skakel gevind het. Daar was altyd vir my iets wat kort. As veterinêre verpleegster het ek gou agtergekom dat elke dier ‘n baas het wat dikwels eintlik die behandeling nodig het. Met die kennis wat ek vandag het, sou ek beide, eienaar en dier, ‘n Body Talk-sessie kon gee en sodoende hulle gesondheid op ‘n holistiese wyse aanspreek en verbeter.

In 16 jaar van tuisskoolonderwys het ek besef dat daar verskeie aspekte is waarmee rekening gehou moet word: kwessies soos aandagafleibaarheid, swak begripslees, omdraai van b en d, om net ‘n paar te noem. Ek weet vandag dat daar met Body Talk wonderlike resultate verkry word met sulke uitdagings.

Ander terreine kan ook aangespreek word, aangeleenthede soos emosionele probleme, moeilike tieners, erge verlange na geboortedorp, depressie, deurmekaarheid, geheueprobleme, allergieë en vele meer.

My passie is om mense te help om hulle self te help. Met Body Talk kan ek hierdie passie vervul. Body Talk is ‘n natuurlike gesondheidsorgstelsel wat ontwikkel is om die liggaam se eie vermoë om homself te herstel, ondersteun.

My praktyk is geleë in Ashlea Gardens, ‘n klipgooi van die Menlyn-inkopiesentrum af.

Kontak my gerus vir enige navrae oor Body Talk of om u sessie te bespreek.

Contact Karin

I would love to hear from you! Please fill out this form and I will get in touch with you shortly.

Comments are closed.