Die verandering was heerlik om te sien

happy-boyNadat ‘n 5 jarige seuntjie se arbeidsterapeut aanbeveel het dat hy ‘n neuroloog moet sien omdat hy glad nie vorder met die terapie of swemklasse nie, het sy ma hom gebring vir ‘n BodyTalk sessie. Hy was stil en lusteloos. Sy mondjie het oopgehang en hy het gelyk asof hy baie vaak is en so pas wakker geword het.

Omtrent ‘n paar dae later bel die ma om te se die kleuterskool en swem juffrouens haar albei gevra het wat sy gedoen het aangesien hy handomgekeer het!

Toe hy vir die opvolg sessie kom, verskyn daar ‘n seuntjie met blink hare en ogies wat nie vir een oomblik ophou gesels en vrae vra nie!

Ek het eers gedink dis die boetie. Beslis nie die outjie wat ek vantevore gesien het nie.

Die verandering was heerlik om te sien.

This entry was posted in Health Stuff. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *